Community News

BULLETJIES RUGBY & NETBAL TOERNOOI 21 APRIL 2018

 

RAILTON FOUNDATION SWELLENDAM

BULLETJIES RUGBY & NETBAL TOERNOOI

21 APRIL 2018

 

Railton Stigting Swellendam het Saterdag, 21 April 2018, die eerste Bulletjie toernooi by Bontebok Primêre Skool vir leerders in die ouderdomsgroepe, O/7, O/8, O/9 en O/10 aangebied.

 

Die primêre skole wat deelgeneem het was Bontebok, VRT Pitt, Mullersrus en Riviersonderend. Die skoolgemeenskap, opvoeders, afrigters, borge en rolspelers het in getalle opgedaag om die spelers te ondersteun. Die spelers het omtrent die wedstryde met goeie gees benader en pret gehad. Hulle was opgewonde om hul ouers en familie langs die veld te hê en het uitgehaal om te wys wat hulle kan doen. Die Onder-Burgemeester, Michael Pokwas, het die amptelike opening van die toernooi namens die munisipaliteit behartig.

 

Die uitslae vir Rugby is soos volg:

 

RUGBY UITSLAE 0/7 O/8 O/9 0/10
1ste Bontebok -A VRT.Pitt Mullersrus Bontebok -A
2de VRT.Pitt Mullersrus Bontebok-A VRT.Pitt
3de Bontebok  -A Bontebok -B VRT Pitt Mullersrus
Speler van die toernooi Neldin Pietersen (Pitties) Bernitto Louw  (Mullersrus) Byron Jonkers (Mullersrus) Cameron Vaaltyn (Riviersonderend)

 

Die uitslae vir Netbal is soos volg:

 

NETBAL UITSLAE 0/7 O/8 O/9 0/10
1ste Bontebok -A Bontebok -A Bontebok -A Bontebok -A
2de Bontebok – B Bontebok – B Bontebok – B Bontebok – B
3de VRT Pitt VRT Pitt VRT Pitt VRT Pitt
Speler van die toernooi Kaylin Festus (Bontebok) Jody Dyers (Bontebok) Keisha Pike (Bontebok) Stacey Jansen (Bontebok)

 

Duren Temmers van VRT Pitt was as die Sportman van die Toernooi aangewys.

 

Die Rotariërs Swellendam het medaljes geborg vir 3de plek (brons), 2de plek (silwer) en die wenners (goud en trofeë), wat aan die spanne uitgeloof was. Corrie Cloete, die President van Rotariërs, het die oorhandiging waargeneem. Alfy Paul, die bestuurder van FNB Swellendam het pryse uitgeloof vir die uitblinkers van die toernooi.

 

Ons wil ons waardering uitspreek aan ons borge, Rotariërs Swellendam, FNB Swellendam, Sebenza Swellendam, Function 31, Super Spar Swellendam, Evolution Media House en Morne’s Catering Services wat gehelp het om die dag moontlik te maak.

 

Ons gewaardeerde rolspelers het ‘n groot bydrae tot die sukses van die dag gemaak en hulle word soos volg gelys:

 

Bontebok Primêr, VRT Pitt Primêr, Riviersonderend Primêr, Mullersrus Primêr, MOD Sentra, Swellendam Netbalklub, SANLAM, Chaz Everitt, Lydia Jansen, Lewis Stores, Provinsiale Ambulansdienste, Swellendam Munisipaliteit, Swellendam Rugbyklub en ons vrywilligers.

 

Hierdie toernooi sal nou jaarliks aangebied word, en die raad en span van Railton Stigting Swellendam se duisend dankies!

 

 

 

 

 “Uit die Gemeenskap, Met die Gemeenskap”

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *