Community News

HOLIDAY PROGRAM 18-20 MARCH 2019

 

VAKANSIE PROGRAM: 18 – 20 MAART 2019

 

Railton Stigting Swellendam, in samewerking met verskeie rolspelers, het ‘n werkswinkel oor drie dae vanaf 18 tot 20 Maart 2019 by VRT Pitt Primêre Skool aangebied. Die doel van hierdie werkswinkel was om die deelnemers te help ter voorbereiding van die Ontwerp en Storie kompetisie wat eersdaags bekend gestel sal word.

Die temas vir die drie dae was ontwerp van klere, patrone sny en stikwerk, ontwerp van kostuum juwele uit herwinbare materiaal en die maak daarvan, stories vertel of illustreer en hoe om medisyne soos hoesstroop en salf van kruie te maak. 91 kinders van Railton gemeenskap het aan die program deelgeneem.

Dit was inderdaad ‘n eerste van sy soort en die kinders en selfs die rolspelers het baie genot daaruit geput en nuwe vaardighede geleer.

Die reeds bekende Jason (Hakkiesdraad) Hartman het met sy span fasiliteerders van George gereis om hierdie dinamiese werkswinkel aan te bied. Austin Lee (bekende mode ontwerper van George), Neal Hartman (juwele en klere ontwerper), Neil Dikwe X (spesialiseer in storie vertel, opneem van orale geskiedenis en kruie) en hul mede-fasiliteerder, Marshall was almal uiters bekwaam en het die aanbiedinge met soveel passie gedoen.

Die Ontwerp en Storie kompetisie is Amanda Shackley se idee en sy het selfs die poppe gekoop vir die doeleindes van die kompetisie. Inligting oor die kompetisie sal die eerste week in April 2019 geadverteer word.

Die personeel en raad van Railton Stigting Swellendam bedank die deelnemers vir hul goeie gedrag en entoesiasme. Die volgende rolspelers het op verskillende maniere gehelp om die program suksesvol te laat geskied: Amanda Shackley – Swellengram; Badisa Swellendam; ACVV Swellendam; SAPS Swellendam; MOD Centre Bontebok Primer; Drostdy Museum; VRT- Pitt Primêre Skool, Maatskaplike Dienste Swellendam en die Langeberg Bulletin.

Ons se ook spesiaal dankie vir Hakkiesdraad en sy span wat so onbaatsugtig bereid is om ‘n bydrae te maak tot die ontwikkeling van ons gemeenskap.

 

“From the Community, With the Community”

Facilitators of the Workshops

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *