Community News

KARNAVAL GEDOENTES

 

KARNAVAL GEDOENTES

 

Die Gemeenskapskarnaval, wat die 16 – 18 Augustus 2018 by Bontebok Primêre Skool aangebied  was, was ‘n reuse sukses.

 

Railton Stigting Swellendam het met Bontebok Primêre Skool kragte saamgesnoer om hierdie feestelikheid vir die gemeenskap te reël. Die gemeenskap het dit baie goed ondersteun want volgens baie, is dit die eerste keer in ongeveer 12 jaar, dat so ‘n karnaval in Railton gehou was. Die snerpende koue weer kon nie eens die mense se entoesiasme minder maak nie.

 

Meer as 2500 mense het die karnaval oor die drie dae bygewoon en die meerderheid het Saterdag vanaf die oggend 10h00 tot laataand gekuier. Die plaaslike kunstenaars soos Progress Xmas Choir Band, rymkletsers (rappers), sangers en vele meer het die feesgangers vermaak. Die hoogte punte op Saterdag se program was bekende kunstenaars soos Hemelbesem, Hakkiesdraad en die aktrise, Monique Rockman wat die rol van Pam in Nommer 37 vertolk. Ons wil hulle van harte bedank wat so geduldig was om met die gemeenskap te poseer vir die foto’s. Die 23 stalletjies het ‘n groot verskeidenheid van kos, lekkergoed, soetgebak, speelgoed en allerlei items te koop aangebied. Jingles, die nar, het die kinders veral lekker vermaak. Die Coke verhoog het ‘n lekker atmosfeer geskep en hul span het hoogs professionele diens aangebied.

 

Die karnaval kon op ‘n hoe gehalte aangebied word omdat ons wonderlike ondersteuning gekry het van Peninsula Beverages, Swellendam Munisipaliteit, SAPS, Brandweer, Ambulansdienste, Overberg. Distriksmunisipaliteit, Swellendam Buurtwag, vrywillige werkers, die fondsinsameling komitee en personeel van die Bontebok Primêre Skool, ons Railton Stigting Raadslede en personeel. Die diensverskaffers het hulle net so goed van hul taak gekwyt.

 

Ons wil almal wat gehelp het om die karnaval ‘n sukses te maak hartlik bedank en verseker dat dit nou ‘n jaarlikse instelling sal word. ‘n Spesiale dankie aan die gemeenskap wat ons so wonderlik ondersteun het.

 

Besoek gerus ons “facebook” blad, Railton Stigting Swellendam om meer foto’s (met komplimente van Vanessa Pfotenhauer) te besigtig, wat die pret en die plesier so goed uitbeeld.

 

Die karnaval het inderdaad ons leuse uit gebeeld, “From the Community, With the Community”

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *