Community News

MISS SWELLENDAM 2019 – 03 OCTOBER 2019

“Railton Stigting Swellendam het op 3 Oktober 2019, die Mej. Swellendam Skoonheidskompetisie by die VRT Pitt Primêre Skoolsaal aangebied.

Soos gewoonlik, was die aand ‘n swierige geleentheid en die 13 deelnemers het absoluut fenomenaal gelyk.   Ons was baie bevoorreg om die huidige Mnr. Suid Afrika, Heinrich Gabler, as die hoof beoordelaar te hê tesame met Me. Nombasa Mhlati (Menslike Hulpbron Bestuurder: Kaap Agulhas Munisipaliteit) en Me. Else du Plessis (Kunstenaar en Entrepreneur). Hulle het ‘n moeilike taak met grasie uitgerig en ons bedank hulle hartlik daarvoor.

Hierdie kompetisie sal nie so suksesvol wees sonder die hulp van die volgende borge nie:

Cardio Zone Gym, Clicks Swellendam, VTR- Pitt Primêre Skool, Rosy Posy Designs, Francois Du Rand – Van Wijck, Cherne Leroe, Hallo Dolly Accessories, All About Photography, Gorgeous Nails, Gaikou Lodge, Morne ‘s Catering & Décor Services, Supreme Finance, Swellengrebel Hotel, Sulina Fairy Sanctuary, African Bank, Else Du Plessis, Bee Things, La Pop Interiors, Chocalate Ect., Eliante Guesthouse, Swellendam Country Lodge, JC du Toit Jewellery, Flora Jubilee, Swellendam Buurtwag, Langeberg Bulletin en SwellenGram.

Dit is ‘n riem onder die hart om die groei op verskillende vlakke, onder die deelnemers waar te neem en dit bewys dus dat ons slaag in die doel van hierdie geleentheid, om toekomstige leiers en rolmodelle, te ontwikkel. Een van die deelnemers, Me. Leonora Muller, het ook  geskenkpakkies ontvang omdat sy die meeste kaartjies tussen die deelnemers verkoop het asook die meeste “likes” op Facebook ontvang het.

Elkeen van die 13 deelnemers het iets besonders na die geleentheid gebring en die top 5 finaliste wat ‘n kwalifiserende vraag deur die beoordelaars gevra was, is Leonora Muller, Asemahle Nkone, Chante Booysen, Asiphe Zanywa en Danielle Japhtas. Die vrae was moeilik maar hulle het op hul voete gedink en dit goed beantwoord.

Die volgende finaliste is soos  volg gekroon:

2de Prinses – Chante Booysen

1ste Prinses en Mej. Persoonlikheid – Danielle Japhtas

Mej. Swellendam 2019 – Asiphe Zanywa

Hierdie dames loop weg met pryse met ‘n totale waarde van R10770 en hulle het onderneem om by gemeenskapsprojekte van en met Railton Stigting Swellendam, betrokke te raak.   Ons bedank ook die breë gemeenskap en elke deelnemer vir hul bydrae tot die ontwikkeling van hierdie jong dames.

Uit die Gemeenskap, Met die Gemeenskap”

CONTESTANTS
MISS SWELLENDAM AND TWO PRINCESSES

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *